Skip to content

Parlementêre komitee bekommerd oor moontlike sluiting van ArcelorMittal se langstaal-bedrywighede

# Die parlementêre portefeuljekomitee vir Handel, Nywerheid en Mededinging sê hy is bekommerd oor die sluiting van ArcelorMittal Suid-Afrika se langstaal-onderneming. Die komitee het ʼn geslote vergadering met die staalmaker se bestuur gehad. Die maatskappy wil sy langstaalbedrywighede in Newcastle en Vereeniging sluit omdat dit ʼn verlies toon, maar die regering hoop om hierdie week ʼn ooreenkoms te sluit wat drie-duisend-500 werksgeleenthede sal red. Die komitee sê die behoud van plaaslike staalproduksievermoë is noodsaaklik om die ekonomie teen wêreldwye voorsieningsprobleme te beskerm.