# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging waarsku die toekoms van Tongaat Hulett bly ‘n groot bedreiging vir die herstel van die suikerbedryf. Voorsitter Mzwandile Masina sê ‘n ondersteunende regulatoriese raamwerk vir biobrandstowwe, soortgelyk aan dié in Brasilië en Indië, word benodig om uiteenlopendheid en langtermyn volhoubaarheid te bevorder. Die komitee vra die regering, die privaat sektor en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie om Tongaat Hulett te help red. Belanghebbendes is bekommerd oor stygende suikerinvoere en die uitwerking van likwidasie op werksgeleenthede en landelike gemeenskappe.
Parlement waarsku Tongaat Hulett se toekoms bly ‘n bedreiging vir die herstel van die suikerbedryf