Skip to content

Padwedlope: Louis Massyn maak geskiedenis met 50ste Comrades [KLANK]

# Padwedlope: Die veteraan langafstand-atleet Louis Massyn het die eerste persoon geword om 50 keer die Comrades-marathon suksesvol af te lê. Die 74-jarige het die wenstreep bereik slegs minute voor die afsnytyd van 12-uur. Massyn het sy eerste wedloop in 1973 gehardloop en sedertdien slegs 2020, ’21 en ’22 s’n misgeloop. Hy het gister se geleentheid ‘n moeilike maar onvergeetlike dag genoem. Massyn het bevestig dat hy nog twee wedlope beplan, wat die eeufees van 2027 insluit:

ENG-MassynOnMarathon