Skip to content

Padwedlope: Burgemeester loof erkenning van Kaapstadse Marathon as deel van elite wêreld-marathonreeks

# Padwedlope: Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die bevestiging van die Kaapstadse Marathon as die agtste wedloop in die Wêreldmarathonreeks verwelkom as ‘n geskiedkundige prestasie. Die wedloop is die eerste byeenkoms op Afrika-bodem wat by die gesogte reeks aansluit, naas marathons in Tokio, Boston, Londen, Sydney, Berlyn, Chicago en New York. Die Kaapstadse Marathon sal op 23 Mei volgende jaar amptelik by die reeks aansluit. Hill-Lewis het die duisende deelnemers, organiseerders en ondersteuners geprys wat gehelp het om die mylpaal vir Kaapstad en Suid-Afrika te verseker.