Skip to content

Oudpresident van Zambië, Edgar Lungu sterf in Suid-Afrika

# Die oudpresident van Zambië, Edgar Lungu wat tot 2021, bykans sewe jaar aan bewind was, is in die ouderdom van 68 in Pretoria dood. Volgens ‘n verklaring deur sy politieke party, die Patriotic Front, het Lungu gespesialiseerde mediese behandeling by ‘n kliniek in Pretoria ontvang. Hy het ‘n seldsame slukderm-siekte gehad wat veroorsaak word deur ‘n vernouing van die slukderm, en hy is in Suid-Afrika daarvoor behandel.