Skip to content

Oorlewende van plaasaanval in Noordwes word uit hospitaal ontslaan

# Die familie van Donovan Marx, wat ‘n plaasaanval in Noordwes oorleef het, sê ‘n lang pad na herstel lê voor, maar hy is minstens uit die hospitaal ontslaan. Nabye familielede en vriende het die 50-jarige emosioneel ingewag toe hy die hospitaal in Potchefstroom saam met sy vrou, Louise, verlaat het. Marx is twee weke gelede gewelddadig aangeval op sy plaas naby Ventersdorp, gesteek en geskiet en sy ore afgesny. Vier beskuldigdes het vanoggend hulle borgtog-aansoeke laat vaar in Ventersdorp se Landdroshof terwyl ‘n vyfde staatsgetuie geword het.