Skip to content

Ongekende reën verhoog Kaapstad se damvlakke tot 71% binne slegs ‘n week

# Kaapstad se damvlakke het binne ‘n week met ongeveer 20-persent gestyg ná ongekende reën en staan nou op 71-persent. Dit het die stad uit die vroeë fase van droogtewaarskuwing verskuif, hoewel inwoners steeds aangespoor word om water verantwoordelik te gebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, waarsku die buitengewone reën waarborg nie ‘n deurlopende goeie watervoorraad nie, en sê die waterverbruik bly hoog.