Skip to content

Omotoso doen aansoek in Hooggeregshof teen verbod van Binnelandse Sake

# Die Nigeriese televangelis Timothy Omotoso het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof ingedien om die Departement van Binnelandse Sake se besluit te hersien, waarvolgens hy as ‘n verbode persoon verklaar is. Dit volg na sy vryspraak op 32 aanklagte, van verkragting en menslike handel rakende jong vroue in sy Jesus Dominion International Church. Omotoso het agt jaar in die St Albans-gevangenis deurgebring. Die destydse waarnemende regter Donovan Pitt het die oorspronklike verbod in 2024 ter syde gestel. Volgens Binnelandse Sake het minister Leon Schreiber, Omotoso se jongste beroep om die besluit om te keer, van die hand gewys.