# ‘n Olifant het ‘n werknemer doodgetrap in ‘n private wildreservaat buite Mosselbaai in die Suid-Kaap. Mossel Bay Advertiser berig ‘n plaaslike polisiewoordvoerder, Kappie Kapp, sê die voorval het in die Gondwana-reservaat plaasgevind. Volgens Kapp is nooddienste ontbied, maar is die 39-jarige man op die toneel dood verklaar. Die olifant is uit die gebied verwyder. Die polisie het ‘n geregtelike ondersoekdossier geopen.
Olifant trap man dood in private wildreservaat buite Mosselbaai