Skip to content

Oekraïne vra Suid-Afrika om Zelensky se besoek en insluiting in G20-beraad te steun

# Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Liubov Abravitova, vra Suid-Afrikaners om president Volodimir Zelensky se staatsbesoek Donderdag te ondersteun. Dit volg ná president Cyril Ramaphosa se formele uitnodiging aan Zelensky en sy deelname aan die komende G20-leiersberaad. Abravitova sê Suid-Afrika se leierskap van die G20 sal onvolledig wees sonder om Oekraïne te betrek en pogings tot ‘n regverdige en volhoubare vrede te ondersteun. Sy sê dit is noodsaaklik om Rusland se inval te veroordeel en die Oekraïne se insluiting in wêreldwye vredesonderhandelings te verseker.