# Die Nywerheids-ontwikkelingskorporasie oorweeg ‘n aanbod van 8,5-miljard-rand vir die beheer van ArcelorMittal se Suid-Afrikaanse bedrywighede. Volgens Bloomberg kan die ooreenkoms, insluitend skuldterugbetaling, ‘n einde bring aan twee jaar se gesprekke met die regering en die wêreldwye staalvervaardiger. Dit volg ná ArcelorMittal se plan om sy Newcastle- en Vereeniging-meulens te sluit, wat drie-duisend-500 werksgeleenthede in gevaar stel. Die korporasie kan ook globale vennote soek om die aanlegte te bestuur. Geen finale besluit is nog geneem nie.
Nywerheids-ontwikkelingskorporasie oorweeg R8,5-miljard-aanbod vir ArcelorMittal SA-eenheid