# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die lewenslange vonnis vir die 25-jarige Mosambiekse burger, Phethe Simiao, vir die verkragting en moord op die sesjarige Amantle Samane in Johannesburg verlede jaar. Haar liggaam is in Simiao se plakkershut in Orlando-Oos onttdek. Die NVG se woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê Simiao het slegs selfbejammering getoon en geen berou nie. Sy het aanklaers geprys oor hul veerkragtigheid met sake oor geweldsmisdade, veral misdade wat kwesbare groepe teiken, en vra volgehoue krag in die strewe na geregtigheid:
NVG verwelkom Simiao se lewenslange vonnis vir Amantle se moord [KLANK]
ENG-MjonondwaneOnSimiao