Skip to content

Nuwe studie toon bio-etanolbedryf het marksekerheid nodig

# ʼn Nuwe studie van Suid-Afrikaanse sorghum-bio-etanol het goeie handelspotensiaal gevind vir die vervaardiging van bio-etanol deur gewasse soos sorghum en suikerriet te gebruik. Boere en leiers in die bedryf het by ʼn byeenkoms in Sandton gesê ʼn duidelike aanvraag, bestendige pryse en regeringsondersteuning is nodig voor grootskaalse gewasaanplanting kan begin. Die studie in opdrag van die Localisation Support Fund, sê ʼn etanol-brandstofmengsel van tien-persent kan ʼn mark skep vir byna een-miljard liter per jaar en Suid-Afrika se afhanklikheid van ingevoerde brandstof verminder.