Skip to content

Nog ’n kouefront word later die week in dele van die land verwag

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat nog ʼn kouefront die Wes-Kaap en ander dele van die land later die week sal tref. Die provinsie verwag van Donderdag af reën en donderstorms. Teen Vrydag word reën ook in die oostelike dele van die land, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Gauteng verwag. Die weerdiens se senior voorspeller, Tokelo Chiloane, sê die enigste plekke wat die week warmer weer kan verwag, is plekke soos Musina en Upington in die noorde.