Skip to content

Nobelprys vir medisyne toegeken aan drie wetenskaplikes vir ontdekking van hoe die imuunstelsel beheer word

# Vanjaar se Nobelprys vir Medisyne is toegeken aan ‘n Japanese en twee Amerikaanse wetenskaplikes wat ontrafel het hoe die immuunstelsel die menslike liggaam beskerm teen duisende verskillende mikrobes wat dit probeer binnedring. Mary E Brunkow, Fred Ramsdell en Shimon Sakaguchi deel die prys vir die identifisering van regulerende T-selle wat as die immuunstelsel se veiligheidswagte optree en voorkom dat immuunselle die liggaam aanval. Hulle bevindinge het gelei tot die ontwikkeling van mediese behandeling wat outo-immuunsiektes kan genees, doeltreffender kankerbehandeling moontlik maak en komplikasies na oorplantings verminder.