Skip to content

Nobelprys in Fisika toegeken vir die demonstrasie van kwantumeffekte in makroskopiese stelsels [KLANK]

# Vanjaar se Nobelprys vir Fisika is toegeken aan die Amerikaners John Clarke, Michel Devoret en John Martinis vir hulle grondverskuiwende proefnemings wat die kwantummeganiese effekte in ‘n handgrootte elektriese stroombaan demonstreer. Die bekroondes sal 18-miljoen-rand deel. Olle Eriksson van die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskap sê die drietal het bewys dat kwantum-tonnelering en energie-kwantisering op makroskopiese skaal kan gebeur wat die gaping tussen mikroskopiese kwantumteorie en alledaagse voorwerpe oorbrug:

ENG ErikssonOnPhysics2025