# Die komediant, Nikki Glaser, bied in 2026 die Golden Globes vir die tweede agtereenvolgende jaar aan. Die geleentheid wat die beste bydraes in film en televisie vereer en bekend staan as Hollywood se partytjie van die jaar, vind op 11 Januarie by die Beverly Hilton plaas. Vanjaar se Golden Globes het sowat 9,3-miljoen kykers gelok wat effens minder is as die 9,4-miljoen in 2024. Glaser sê vanjaar se aanbieding van die toekennings was die grootste pret wat sy nóg in haar loopbaan beleef het.
Nikki Glaser bied Golden Globes tweede agtereenvolgende jaar aan