# ‘n Tiener is in Nieu-Seeland dood nadat hy deelgeneem het aan ‘n rugby-geïnspireerde gier, waar deelnemers sonder beskermende toerusting teen volle spoed in mekaar vashardloop. Die “run-it-straight”-uitdaging het in Nieu-Seeland en Australië versprei, word aangeblaas deur sosiale media en vind soms voor groot skares plaas. Georganiseerde kompetisies bied duisende dollars in prysgeld, maar die nuwe gier het gelei tot vrese oor harsingskudding en ander ernstige beserings. Die 19-jarige is op Nieu-Seeland se Noord-eiland dood nadat hy die spel oor die naweek saam met vriende gespeel het.
Nieu-Seelandse tiener sterf in rugby-geïnspireerde sosiale media-gier