# Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap het spelers gewaarsku dat hulle gestraf sal word as hulle te erg aangaan wanneer hulle besluite op die veld betwis. Spanne het gekla oor sekere spelers, veral van Ierse provinsies, wat skeidsregters voortdurend uitdaag en vra vir hersienings van moontlike kopkontak. Die hoof van die VRK-skeidsregters, Tappe Henning, sê kapteins […]
# Die United Africans Transformation sê meer as twee-duisend-500 leerders van die Dulcie September Primary School in Rabie Ridge, Midrand, is vir meer as ses weke sonder behoorlike skoolonderrig gelaat weens onveilige infrastruktuur wat ineenstort. Die party sê die skool het na tydelike strukture verskuif wat nie meer veilig is nie, met swak sanitasie en […]
# Die GOOD-party sê inwoners van Franschhoek in die Wes-Kaap is getraumatiseerd ná ‘n onlangse skietery. Drie mense is dood tydens die skietvoorval vroeër hierdie maand. Grechard Petersen van die party doen ‘n beroep op die polisie om sigbare wetstoepassing en patrollies te verhoog. Hy sê dringende ingryping is nodig om veiligheid te herstel en […]
# Meer as 100 komberse wat tydens ‘n spesiale gemeenskapsinisiatief by die Voortrekkermonument ingesamel is, is nou op pad na ouetehuise, sorgfasiliteite en ander kwesbare gemeenskappe in Pretoria. Dit kom net betyds met die winterkoue wat begin byt. Die projek is ‘n samewerking tussen Solidariteit se Helpende Hand, die Jakaranda Kewerklub en MachKnitz-vrywilligers wat komberse […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging is bekommerd oor die toenemende ontvoeringskrisis in Gauteng. Polisiestatistieke dui aan daar is gemiddeld 27 ontvoerings, rooftogte of losprysgevalle elke dag, met Gauteng wat meer as twee-duisend-400 gevalle in net drie maande aangeteken het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê die misdade word meer professioneel georganiseer en bly ‘n ernstige bedreiging vir […]
# The municipal union Samwu says governance and labour relations in the Nelson Mandela Bay Municipality in the Eastern Cape are deteriorating, leaving workers in unsafe conditions without proper equipment or support. According to the union, ongoing leadership instability, vandalised facilities, and delays in disciplinary cases are disrupting service delivery and violating workers’ rights. Samwu’s […]
# Meer as 500 kinders is sedert Maart in Bangladesj dood met vermoedelike en bevestigde gevalle van masels. Die regering het ‘n massa-inentingsveldtog van stapel gestuur om die verspreiding te vertraag en lewens te red. In net meer as twee maande het die aantal vermoedelike gevalle meer as 60-duisend bereik. Die presiese getal is nog […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sal die afpersingsaak teen die taxi-hoof Joe Sibanyoni en sy medebeskuldigdes, môre weer in die Landdroshof in Delmas, Mpumalanga registreer weens veiligheidsredes. NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Sibanyoni, Daniel Masilela, Phillimon Msiza en Oupa Sindane staan tereg op bewerings van afpersing van meer as twee-miljoen-rand in beskermingsgeld van ‘n mynbou-entrepreneur. Die saak […]
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê sy aanlyn kieserregistrasieportaal het die akkuraatheid en bestendigheid van die kieserslys voor die plaaslike regeringsverkiesing verhoog. Die uitvoerende hoof Sy Mamabolo sê ongeveer 376-duisend nuwe kiesers het tussen Januarie en Mei aanlyn geregistreer, met die meeste jong Suid-Afrikaners. Mamabolo het bevestig dat 27,9-miljoen Suid-Afrikaners tot dusver geregistreer het, en gesê […]