# Die Motorbedryf-personeelvereniging vra gereelde gesondheidstoetse om voort te gaan indien rybewyse van vyf tot tien jaar verleng word. Die vereniging ondersteun die stap om burokrasie te verminder, maar voer aan motoriste moet steeds elke vyf jaar oogtoetse ondergaan om te verseker hulle bly geskik om te bestuur. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond waarsku dat […]
# President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die vyfde simposium oor volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad toespreek. Die driedaagse geleentheid fokus op die vorming toekomstige munisipale infrastruktuur en belegging in volhoubare projekte. Dit bring regeringsleiers, burgemeesters, ontwikkelingsbanke, besighede en kundiges van regoor Afrika bymekaar. Besprekings sal fokus op infrastruktuur, behuising, landbou en digitale ontwikkeling om […]
# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die opening van ‘n nuwe kantoor vir Binnelandse Sake, by die Burgersentrum in die middestad. Inwoners kan nou, slegs per afspraak, aansoek doen vir noodsaaklike dokumente soos ID’s en paspoorte by die fasiliteit, wat daarop gemik is om regeringsdienste meer toeganklik te maak en druk op besige […]
# Die beweerde ‘Groot Vyf’-kartelbaas en sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het geweier om die aard van sy verhouding met die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya te bespreek. Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig en bevestig hy ken Sibiya en het voorheen sy kantoor besoek nadat hy ‘n vergadering oor ‘n huurkontrak van die Departement […]
# Die GOOD-party sê Kaapstad se behuisingskrisis is die gevolg van swak politieke keuses eerder as migrasie na die provinsie. Die party beskuldig die DA-geleide stad daarvan dat hulle nie genoeg bekostigbare behuising verskaf nie en ruimtelike ongelykheid laat voortduur. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die stad se behuisingsagterstand vir 680-duisend mense en […]
# FNB is deur die Nasionale Finansiële Ombudskema benoem as die top bank vir geskilbeslegting en billikheid. Die bank het die uitnemendheidstoekenning ontvang vir sy klagtehantering, omkeertye en billike kliënte-uitkomste. FNB was ook verlede jaar die bank waaroor die minste gekla is onder Suid-Afrika se vyf groot banke. Uitvoerende hoof Lytania Johnson sê die erkenning […]
Rugby: Die 39-jarige veelsydige voorspeler Deon Fourie kan Saterdag die oudste Springbok ooit word nadat hy op die bank ingesluit is vir die toets teen die All Blacks in Kaapstad. Hy het sy internasionale buiging in 2022 gemaak en sy 13de en laaste toets in die volgende jaar se Wêreldbekertoernooi gespeel. Kaptein Pieter-Steph du Toit […]
# Rugby: Min mense verwag die Leeus sal die All Blacks se onoorwonne status op hul Suid-Afrikaanse toer in Johannesburg vanaand beëindig. Nieu-Seeland lyk onheilspellend na oorwinnings oor die Stormers, die Bulle, die Haaie en die Springbokke in hul eerste vier toerwedstryde. Die Leeus-afrigter Ivan van Rooyen het sy sterkste moontlike span aangewys, versterk deur […]
# Meer as 600 vroue in wetstoepassing het ‘n provinsiewye operasie in Gauteng gelei gemik op misdaad en onveilige bestuur. Die operasie het daartoe gelei dat 14 ongedokumenteerde buitelandse burgers en tien roekelose en nalatige bestuursverdagtes in hegtenis geneem is. Die woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng, Sello Maremane sê meer as tien-duisend mense is […]