# Rusland het aanvalle op nywerheidspersele in suidoos- en sentraal-Oekraïne uitgevoer waarin vier mense dood en ses beseer is. Missiele, hommeltuie en artillerie het verskillende stede getref en sakegeboue en pakhuise is beskadig. Oekraïne se Lugmag sê die aanvalle is onder meer uitgevoer met vier kruiser-missiele en 212 hommeltuie. ‘n Afsonderlike Russiese aanval op ‘n […]
# Pous Leo reis Vrydag na Frankryk vir die eerste formele pouslike besoek daar in bykans 20 jaar, met die Katolieke Kerk se mishandelingskrisis as een van die kernkwessies. Die pous sal sewe slagoffers van Katolieke geestelikes ontmoet tydens ‘n private ontmoeting in Lourdes. ‘n Onafhanklike verslag van 2021 raam dat ongeveer 330-duisend kinders oor […]
# Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackermann, het ‘n toergroep van 26 aangekondig vir Saterdag se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen Zebre in Parma en volgende naweek s’n teen Munster in Ierland. Die Pretoriase span se eerste tuiswedstryd is die tiende van volgende maand teen die Leeus. Ackermann sê hulle wil dadelik op dreef kom om […]
# Tennis: Die jong Brasiliaan Joao Fonseco neem ‘n blaaskans om geestelik en fisies te herstel na ‘n gebeurtenisvolle seisoen. Die 20-jarige wêreld-nommer-28 word beskou as een van die belowendste jong talente. Hy sê ‘n reeks beserings het hom uit belangrike toernooie gehou en verhoed dat hy kon speel soos hy wou. Fonseca het die […]
# RISE Mzansi says corruption steals from those in need, robbing communities of public services and economic growth. Parliamentary data shows 103 corruption cases enrolled against public officials in 2025/26, with National Prosecuting Authority conviction rate above 86-percent, but average finalisation time jumped from 195 days to 562 days, and 962 days for legislative cases. […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is om die buitengewone sardynvrektes te bestuur, bly van krag. Dit volg al is geen nuwe grootskaalse sardynvrektes aangemeld nie, buiten ‘n afsonderlike voorval toe vars sardyne verlede week naby Mbotyi aan die Noordelike Wildekus uitgespoel het. ‘n Woordvoerder, Zolile […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het 13 veranderings aangebring aan sy opdrafspan vir Sondag se eenmalige toets teen Australië in Perth. Die senter André Esterhuizen is kaptein en net die slot Eben Etzebeth en die vleuel Ethan Hooker bly oor van die span vir die laaste toets teen die All Blacks. Jan-Hendrik Wessels, Zachary Porthen […]
# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie in […]
# Gauteng Human Settlements MEC Tasneem Motara says residents who build illegal informal settlements will no longer be prioritised for housing. She was speaking at the sod-turning of the Mabopane Extension 1 project, north of Pretoria, which will yield one-thousand-576 units by June 2027 after two previous contractors were terminated. Motara says the department will […]