# Padwedlope: Die marathonwêreldrekordhouer, Sabastian Sawe, het onttrek aan volgende maand se Berlyn-marathon in Duitsland. Die 31-jarige Keniaan het die twee-uur-grens verpletter toe hy die Londen-marathon in April in een-uur-59-minute-30-sekondes gewen het. Berlyn sou sy eerste kompetisie sedertdien gewees het, en hy het uitgesien na die baie plat baan wat dit ‘n gunstelingwedren vir potensiële […]
# Die Vryheidsfront Plus het die Stad Tshwane gekritiseer vir tien-duisend-rand wat betaal is om ‘n eiendom in Clubview, Pretoria, ter waarde van vyf-duisend-600-rand te waardeer. Peter Meijer van die VF Plus sê die waardasie het amper dubbel die waarde van die grond gekos en was onnodig omdat twee munisipale departemente die eiendom reeds gewaardeer […]
# Die Stad Johannesburg het ‘n klimaatsveerkragtigheidsprojek van R334-miljoen voltooi wat daarop gemik is om oorstromings en omgewingskade te verminder. Die program vir natuurgebaseerde oplossings vir klimaatsaanpassing in Afrika suid van die Sahara, het eenduisend-500 werksgeleenthede geskep, 489 hektaar grond herstel, meer as 47-duisend bome geplant en 664 ton afval uit die Jukskeirivier verwyder. Die […]
# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het die uMkhanyakude-distriksmunisipaliteit se plan gekritiseer om 15-miljoen-rand aan vyf gespesialiseerde watertenkwaens te bestee. Volgens Buthelezi is die transaksie onnodig en kan dit die munisipaliteit se finansiële probleme vererger. Siboniso Mngadi van die Departement sê die LUR het die munisipaliteit versoek om […]
# DieVereniging van Staatsamptenare sê dienslewering by Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela, Mpumalanga, is onder geweldige druk weens personeeltekorte. Die vakbond sê pasiënte wag tot vyf ure om lêers te kry en ‘n verdere drie tot vier ure by die apteek. Phumzile Zulu van die vakbond doen ‘n beroep op dringende werwing van administratiewe en apteekpersoneel, […]
# Die Santa Shoebox-projek moedig ondernemings, skole, boekklubs en gemeenskapsgroepe aan om minstens 20 geskenkboksies vir minderbevoorregte kinders te borg. Die organisasie vier sy 20ste bestaansjaar en hoop om 85-duisend geskenkboksies te versprei. Elke boks bevat noodsaaklikhede soos klere, toiletware, skoolbenodigdhede, ‘n speelding en lekkers. Die uitvoerende hoof, Deb Zelezniak, sê groepe het nog hierdie […]
# Die saak teen die Zimbabwiese-Britse burger Ndodana Tshuma, wat teregstaan op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, is tot 8 September in die Johannesburgse Landdroshof uitgestel. Tshuma, wat in Brittanje gesoek word vir die beweerde moord op sy vrou en twee dogters, is verlede maand in Kensington, Johannesburg, in hegtenis geneem. […]
# Krieket: Duan Jansen moes vyf jaar wag om by sy tweelingbroer, Marco, aan te sluit in die nasionale groep. Hy kan sy buiging vir die Proteas maak in die driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe in Windhoek, wat môre afskop met die wedstryd tussen Suid-Afrika en Namibië. Die 26-jarige Jansen word beloon vir skitterspel […]
# The case against Zimbabwean-British national Ndodana Tshuma, who faces a charge of unlawful possession of a firearm, has been postponed to September 8 in the Johannesburg Magistrate’s Court. Tshuma, who is wanted in Britain over the alleged murder of his wife and two daughters, was arrested in Kensington, Johannesburg, last month. His lawyer, Chrispin […]