# Die Madlanga-kommissie het die getuienis van ‘n sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, tot 25 Junie uitgestel weens gesondheidsredes. Hy sou na verwagting vandag getuig nadat ‘n vorige verskyning in April weens ‘n beweerde hartaanval uitgestel is. Carrim se prokureur, Kameel Premhid, het ‘n mediese sertifikaat ingedien om die versoek te staaf. Carrim word verdink […]
# Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het aanvalle op die Dahiyeh-voorstad in Beiroet beveel. Dit is ‘n vesting van die Irans-gesteunde militante Hizbollah in die Libanese hoofstad. Netanyahu sê dit is weens Hizbollah se herhaalde skendings van die skietstilstand en aanvalle op Israelse stede en burgers. Israel het aanvalle op Beiroet grootliks vermy sedert […]
# Die Amerikaanse Weermag sê hy het die naweek selfverdedigings-aanvalle uitgevoer op Iranse radar- en hommeltuigterreine in die stad Goruk en die eiland Qeshm. Die Amerikaanse Sentrale Bevel sê dit het gevolg op Iran se aggressiewe optrede. Iran se Islamitiese Revolusionêre Wag het uit weerwraak ‘n Amerikaanse Lugmagbasis aangeval wat na bewering gebruik is om […]
# Die geskorste hoof van die KwaZulu-Natalse Valke, Lesetja Senona, sal Vrydag sy getuienis voor die Madlanga-kommissie hervat. Hy sou vandag verskyn, maar sy regspan het bykomende tyd versoek om sy verklaring voor te berei. Senona word betrek by die diefstal van 541-kilogram kokaïen uit ‘n pakkamer van die Valke in Port Shepstone in 2021. […]
# Operasie Shanela Twee in Limpopo het gelei tot die beslaglegging op dagga ter waarde van elf-miljoen-rand en die inhegtenisneming van drie verdagtes in Hoedspruit. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê die verdagtes word verbind met dwelmsmokkelary. Hy sê operasionele spanne het patrollies gedoen in drie dorpe, op tien plase, ‘n lughawe, vier bankondernemings en ses kitsbanke […]
# Die speaker van die Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, is bekommerd oor die voortgesette verspreiding van grafiese beeldmateriaal van gewelddadige voorvalle op sosiale media. Foto’s van die naweek se moord op drie mense in Eldoradopark is op platforms gedeel. Arnolds se woordvoerder, Vusi Gumbi, sê voorvalle van geweldsmisdaad berokken steeds emosionele skade en ondermyn die […]
# Suspended KwaZulu-Natal Hawks head Lesetja Senona will resume his testimony before the Madlanga commission on Friday. He was scheduled to appear today, but his legal team requested additional time to prepare his statement. Senona has been implicated in the 2021 theft of 541-kilograms of cocaine from a Hawks storage facility in Port Shepstone. Commission […]
# French president Emmanuel Macron is hosting his annual “Choose France” investment summit today, with foreign investors already pledging billions of euro of capital for artificial intelligence and data projects. Some 200 top executives from around the world are expected at Versailles Palace west of Paris for the annual event. Last year’s conference set a […]
# Tennis: Splinternuwe mans- en vrouekampioene sal die naweek op die Franse Ope gekroon word. Iga Swiatek van Pole se uitskakeling beteken daar is geen vorige kampioene oor nie, wat meer geleenthede bied vir ander spelers om ‘n eerste Grand Slam-titel te verower. Onder die mans is sake nou in die guns van die tweede-gekeurde […]