# President Cyril Ramaphosa has called for urgent action to reduce unemployment and improve service delivery. Delivering the Presidency budget vote in Parliament, Ramaphosa said the government must move faster to grow the economy, create jobs and address challenges in areas such as water services and local government. He stressed that improving the economy must […]
# ‘n Nuwe internasionale studie toon rokers wat van tradisionele sigarette oorskakel na alternatiewe nikotienprodukte, kan hul eie welstand en dié van die publiek verbeter. Volgens Kurt Yeo se artikel in BusinessTech het Ipsos-navorsing in vyf lande, bevind geliefdes van voormalige rokers het beter gesondheid, gemoedstemming, sosiale interaksie en lewensgehalte aangeteken in rokers wat damprook, […]
# ‘n Openbare-orde-polisiëringsbeampte wat van diens af was en ‘n burgerlike is Maandagaand in Tsakane, Gauteng, doodgeskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die beampte is deur drie gewapende verdagtes by ‘n plaaslike supermark aangeval. Die verdagtes het toe na ‘n ander straat aanbeweeg en ‘n tweede slagoffer in ‘n voertuig geskiet. Sy sê die motief […]
# Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika, Contralesa, het eienaars van inisiasieskole gewaarsku om nie jong seuns in te skryf sonder hul ouers se toestemming nie. Contralesa se president, Lameck Mokoena, sê sommige seuns word ontvoer, mishandel en na ongeregistreerde inisiasieskole geneem. Hy versoek ouers om sulke voorvalle by die polisie aan te meld […]
# Die African People’s Convention veroordeel die moord op Nhlamulo Sambo in Mosselbaai en beweer hy is geteiken omdat hy Xitsonga gepraat het. Freddy Mbhandze van die party sê die voorval ondermyn Pan-Afrikaanse waardes en die reg van alle Afrikane om vry van diskriminasie en geweld te leef. Die APC doen ‘n beroep op respek […]
# Polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moord op drie mense ná gewelddadige onrus in Mosselbaai. Twee Mosambiekse burgers is dood nadat geweld Vrydag uitgebreek en ongeveer 55 plakkershutte aan die brand gesteek is. Die liggaam van ‘n 18-jarige Suid-Afrikaanse man is Saterdag gevind. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Thembisile Patekile, vra inwoners […]
# President Cyril Ramaphosa sê die Presidensie sal fokus op die verbetering van koördinering regoor die regering om ekonomiese groei te bevorder, werk te skep, en armoede te verminder. Hy het die Presidensie se begrotingspos vir 2026/2027 in die Parlement ter tafel gelê, waarin hy die Presidensie se rol in die belyning van departemente en […]
# Adjudant-offisier Karl Sander van die Valke in KwaZulu-Natal het aan die Madlanga-kommissie gesê ondersoekbeamptes word nie toegelaat om bewysstukke te vernietig nie, en beklemtoon alle bewysstukke behoorlik bewaar en rekenskap van gegee word. Sander se getuienis is deel van ‘n ondersoek na die diefstal van meer as 500 kilogram kokaïen in 2021 uit ‘n […]
# Sokker: Kaizer Chiefs het die Franse afrigter Fernando Da Cruz as hul nuwe hoofafrigter op ‘n tweejaarkontrak aangestel met ‘n opsie om die kontrak te verleng. Die 53-jarige sal na verwagting saam met vier lede van sy afrigtingspan hier aankom as deel van ‘n hersiene tegniese span. Dit volg na die vertrek van mede-hoofafrigters […]