# Tennis: Die Amerikaner Ben Shelton het die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, in ‘n vyfstel-riller uitgeskakel om die Amerikaanse Ope se halfeindronde die eerste keer sedert 2023 te haal. Die agtste-gekeurde het die Spanjaard na vier-uur-en-28-minute geklop in die kwarteindstryd, wat half-vier die oggend in New York geëindig het – die laatste ooit vir ‘n […]
# Duisende passasiers is steeds gestrand op Britse lughawens nadat die Britse Lugverkeerbeheerdiens ‘n tegniese fout ervaar het. Die probleem het gister gelei tot sowat een-duisend-300 kansellasies van vlugte na of vanaf lughawens in Brittanje. FlightRadar berig Heathrow, Gatwick, Manchester en Birmingham is die swaarste getref. Meer as 250 vlugte is reeds vandag gekanselleer. Die […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie sê Isuzu Motors Suid-Afrika het ‘n veiligheidsterugroep uitgereik vir twee-duisend-582 RG19-bakkies wat tussen 11 Mei en 3 Julie vanjaar in die mark beskikbaar gestel is. Volgens Isuzu is daar ‘n moontlikheid dat die rempedaal se spilpunt kan loskom. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê van die voertuie is ook uitgevoer […]
# Gholf: Die tweemalige major-kampioen Jon Rahm het erken LIV Gholf se onsekere toekoms het nog meer woelinge veroorsaak. LIV het vir Amerikaanse bankrotskapbeskerming aansoek gedoen nadat die Saoedi-Arabiese Openbare Beleggingsfonds sy finansiering onttrek het. Aansoekdokumente toon die geld wat aan LIV se krediteure verskuldig is, met die 30 grootste onversekerde eise. Die Spanjaard wat […]
# Sokker: Ses spelers van die heersende wêreldkampioen, Spanje, is ingesluit in vanjaar se lys benoemings vir die gesogte Ballon d’Or. Onder hulle is Ferran Torres, wie se doel in die Wêreldbeker-eindstryd teen Argentinië die oorwinning vir Spanje verseker het. Argentinië se kaptein in die toernooi, Lionel Messi, verskyn die 17de keer, maar Portugal se […]
# Sokker: Die Australiese Wêreldbeker-speler Cristian Volpato is ‘n boete opgelê nadat hy positief getoets is vir kokaïen toe hy in Julie in Sydney vir ‘n spoedoortreding afgetrek is. Die polisie van Nieu-Suid-Wallis sê sy tweede monster het ook ‘n positiewe toets opgelewer. Die 22-jarige middelveldspeler is met agtduisend-300 rand beboet. Volpato het Italië op […]
# Tennis: American Ben Shelton knocked out defending champion Carlos Alcaraz in a five-set thriller to reach the US Open semifinals for the first time since 2023. The eighth seed battled past the Spaniard, 6-7, 6-1, 6-3, 1-6, 7-6, in four-hours-and-28-minutes in the quarterfinal clash, that finished at 3:33 a.m. in New York, the latest […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n senior offisier aangewys om die besering van ‘n polisiehond in ‘n polisie-opleidings- en veeartsenykundige gerief in Limpopo te ondersoek. Die afgetrede Belgiese herdershond Sky, wat al voorheen weggeloop het, is daar aangehou wagtend op aanneming. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê ‘n veearts versorg haar tans. Sy sê […]
# Tens of thousands of passengers remain stranded at UK airports today, following a technical fault at the National Air Traffic Services. The issue caused some one-thousand-300 cancellations of flights to or from airports in the UK yesterday. According to FlightRadar, the worst affected airports were Heathrow, Gatwick, Manchester and Birmingham. More than 250 flights […]