# Tennis: Ben Shelton of Frances Tiafoe kry Sondag die kans om die eerste plaaslike mans-kampioen in die Amerikaanse Ope in 23-jaar te word. Die agste-gekeurde Shelton en die elfde-gekeurde Tiafoe pak mekaar môre. Shelton het die tweede-gekeurde Spanjaard en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, in die kwarteindronde in ‘n vyfstel-riller verslaan wat eers half-vier die […]
# Die Internasionale Organisasie vir Standaardisering het die omgewingsvoordele vir die verlenging van die lewensduur van mynbuitebande in plaas van voortydiging vervanging getoets. Verlede jaar het 70 mynmaatskappye in ses streke 32-duisend-700 ton koolstofdioksiedvrystellings voorkom deur die vervanging van buitebande te vermy. Volgens die mynbandgroep Kal Tire kan herstel-, herloop- en loopvlakprogramme afval, koste en […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê hy het vordering gemaak om mense gedurende die 2025/2026 finansiële jaar op MIV- en tuberkulosebehandeling te hou. Meer as een-miljoen MIV-pasiënte het met behandeling volgehou, terwyl meer as 27-duisend TB-pasiënte behandeling ontvang het. Die woordvoerder van die Departement, Steve Mabona sê verbeterde opsporing van pasiënte wat afsprake en […]
# Die Suid-Afrikaanse Brouery-stigting het aansoeke geopen vir sy 18-maande lange Tholoana-ondernemingsprogram, wat gevestigde ondernemings ondersteun deur mentorskap en sake-ontwikkeling. Die program teiken Suid-Afrikaanse ondernemings met minstens 51-persent swart eienaarskap, minstens twee jaar reeds bestaan en betalende kliënte het. Voorkeur sal gegee word aan ondernemings wat deur vroue, jeugdiges en gestremdes besit word, asook dié […]
# Die Wes-Kaapse regering het met noodreaksie begin om waterdienste in Beaufort-Wes te herstel nadat vloede belangrike waterinfrastruktuur beskadig het. Die provinsiale regering het een-miljoen-rand beskikbaar gestel vir dringende herstelwerk, terwyl watertenkwaens inwoners voorsien en tegniese spanne die beskadigde 600-millimeter pyplyn herstel. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê kwesbare gemeenskappe […]
# Die DA sê die Emfuleni munisipale vlootskandaal het die munisipaliteit moontlik 35-miljoen-rand gekos, wat meer as dubbel die aanvanklike 16-miljoen-rand is. Volgens die party toon amptelike dokumente hierdie bedrag is in 2023 vir die vloot betaal. Kingsol Chabalala van die DA sê inwoners verdien om te weet waarheen die geld en voertuie gegaan het […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê geen hoeveelheid alkohol behoort as veilig vir voertuigbestuurders beskou word nie. Die vakbond ondersteun die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se voorgestelde veranderings aan die Wet op Nasionale Padverkeer om ‘n nul-persent bloedalkohollimiet vir bestuurders in te stel. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, sê die voorgestelde wet word steeds oorweeg […]
# Die Stad Ekurhuleni het inwoners gewaarsku om versigtig te wees vir ‘n sosiale media-bedrogspul wat aanbied om HOP-behuisingsaansoeke te bespoedig. Die Stad sê bedrieërs vra vir stammagtigingsbriewe, persoonlike inligting en, in sommige gevalle, geld om huise te bekom. Zweli Dlamini van die stad sê wettige regeringsbehuisingsdienste vereis nie betalings aan middelmanne nie. Dlamini het […]
# Die voormalige minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula se korrupsieverhoor is uitgestel. Die Hooggeregshof in Pretoria het die verrigtinge uitgestel nadat haar prokureur kommer oor haar gesondheid uitgespreek het. Mapisa-Nqakula staan tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery oor bewerings dat sy miljoene rande in omkoopgeld ontvang het terwyl sy as minister van Verdediging gedien […]