# Die DA sê die Emfuleni munisipale vlootskandaal het die munisipaliteit moontlik 35-miljoen-rand gekos, wat meer as dubbel die aanvanklike 16-miljoen-rand is. Volgens die party toon amptelike dokumente hierdie bedrag is in 2023 vir die vloot betaal. Kingsol Chabalala van die DA sê inwoners verdien om te weet waarheen die geld en voertuie gegaan het en wie die betalings goedgekeur het. Chabalala wil hê die skuldiges moet strafregtelik vervolg word:
DA onthul moontlik R35-miljoen is in die Emfuleni-vlootskandaal betaal [KLANK]
ENG ChabalalaOnFleetScandal