# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle staan saam met werkers by Adcock Ingram wat gekant is teen planne om tot 250 werknemers af te dank en een van die maatskappy se aanlegte te sluit. Die party sê die afdankings kom te midde van toenemende afleggings in die farmaseutiese sektor, met meer as twee-duisend-500 werkers […]
# Die Stad Kaapstad sê damvlakke het gedaal tot 75,5-persent, vergeleke met 92,4-persent in dieselfde tyd verlede jaar. Die stad versterk waterbesparingsmaatreëls, insluitend die herstel van lekkasies en die vervanging van ou pype, terwyl waterbeperkings oorweeg word in die aanloop tot ‘n verwagte warmer en droër somer. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-vakbond sê die ontsnapping van ‘n gevangene uit die Rooigrond Korrektiewe Sentrum in Noordwes het uitdagings by korrektiewe fasiliteite onder die soeklig geplaas. Die vakbond verwelkom Edward Madiba se herarrestasie, maar die voorval wek kommer oor verouderende infrastruktuur, sekuriteitswakhede en personeeltekorte. Johannes Dire van Popcru sê korrektiewe beamptes het genoeg personeel, […]
# Die staatsbeheerde logistieke groep Transnet het ‘n wins van 4,6-miljard-rand aangekondig vir die boekjaar tot Maart 2026. Dit is sy eerste jaarlikse wins in vier jaar. Die maatskappy sê die resultaat is hoofsaaklik gedryf deur die verkoop van sy Pier 2-terminaal en verbeterde spoor- en pyplynvolumes. Inkomste het met 7,1-persent tot 88,6-miljard-rand gestyg. Transnet […]
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg teenoor dieselfde maand verlede jaar. Kos en drank, asook petroleum en chemiese produkte, was van die grootste bydraers tot die groei. Seisoensaangepaste produksie het van Junie af ook met 2,2-persent gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het met 3,9-persent in Julie gestyg […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die Departement sal volgende week ‘n versoek om inligting publiseer vir die herontwikkeling van die gebied romdom Telkom Towers in Pretoria. Die projek sal na verwagting tot 2,2-miljard rand kos en meer as vyf-duisend-300 geleenthede vir konstruksiewerkers skep. Planne sluit ook die Openbare Werke-gebou […]
# Forum for South Africa sê die regering moet die slaagvereistes vir matriek verhoog, en sê ‘n 30 persent-slaagsyfer in sommige vakke is te laag. Die Forum beplan om ‘n Wiskunde-program vir grade vier tot sewe in werking te stel om leerders se vaardighede te verbeter voordat hulle matriek bereik. Tebogo Mashilompane van die Forum […]
# Krieket: Die Proteas Mans kan vandag die eendagreeks van drie wedstryde teen Namibië in die land se hoofstad, Windhoek, beklink. Die nuweling Jordan Hermann was Suid-Afrika se uitblinker in die eerste kragmeting Woensdag en het 150 lopies van 126 balle gemoker , terwyl Tony de Zorzi 72 lopies bygedra het. Die Proteas het op […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê inwoners moet voordeel trek uit CapeNature se gratistoegangsweek van 19 tot 25 September. Algemene dagbesoekersfooie sal nie by deelnemende reservate gehef word nie, sodat mense aktiwiteite soos stap, bergfietsry, voëlkyk en piekniek gratis kan geniet. Dave Bryant van die DA sê meer as nege-duisend mense het tydens verlede […]