Skip to content

Krieket: Proteas kan vandag eendagreeks teen Namibië beklink

# Krieket: Die Proteas Mans kan vandag die eendagreeks van drie wedstryde teen Namibië in die land se hoofstad, Windhoek, beklink. Die nuweling Jordan Hermann was Suid-Afrika se uitblinker in die eerste kragmeting Woensdag en het 150 lopies van 126 balle gemoker , terwyl Tony de Zorzi 72 lopies bygedra het. Die Proteas het op ‘n reuse-348 vir ses geëindig en toe die gashere tot 162 vir agt beperk nadat die wedstryd weens reën verkort is. Die laaste wedstryd word Sondag gespeel, ook by die Namibiese Stadion.