# Die studenteleier van die Soweto-opstand van 1976, Teboho Tsietsi Mashinini, word onthou vir sy sterk standpunt teen die gedwonge gebruik van Afrikaans in swart skole. Suid-Afrika herdenk vandag die 50ste herdenking van die opstand, onder andere die dood van die 12-jarige Hector Pieterson. In ‘n geskiedkundige televisie-onderhoud met die Amerikaanse televisienetwerk CBS, het Mashinini […]
NewsFlash: The legendary South African pianist, composer and global jazz icon Abdullah Ibrahim has died at the age of 91. Hy died peacefully surrounded by family in Germany, following a short illness.
# Die DA sê die moord op drie mense in Khayelitsha oor die naweek toon die voortdurende misdaadprobleem in die Wes-Kaap en die druk op die polisie. Volgens die party het die uitgaande provinsiale polisiekommissaris, Thembisile Patekile, erken die huidige polisiëringstelsel misluk en ondersteun hy die oordrag van meer magte aan munisipale wetstoepassing om misdaad […]
# ‘n Russiese strategiese bomwerper het vandag tydens ‘n oefenvlug in Siberië se Irkutsk-streek neergestort. Die Russiese Ministerie van Verdediging sê die vliegtuig se bemanning van vier kon veilig uitskiet. Die Tu-22, wat hipersoniese “Kinzhal”-missiele kan dra en deur NAVO die kodenaam “Backfire” gegee is, is ‘n supersoniese bomwerper uit die Sowjet-era wat Rusland sedertdien […]
# A Russian strategic bomber plane crashed on Monday in Siberia’s Irkutsk region during a training flight. The Russian Defence Ministry said the aircraft’s four-person crew had managed to safely eject. The Tu-22, which can carry hypersonic “Kinzhal” missiles and is code named “Backfire” by NATO, is a Soviet-era supersonic bomber that Russia has since […]
# Die Portefeuljekomitee van die Gauteng Provinsiale Wetgewer oor Gemeenskapsveiligheid het die skorsing van die hoof van die Gautengse Verkeerspolisie, Samuel Mashaba verwelkom hangende ‘n dissiplinêre proses. Die besluit volg na getuienis voor die Madlanga-kommissie, waar Mashaba erkennings gemaak het wat tot ernstige wangedrag kan lei. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê die stap weerspieël die […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het sy 80ste en Amerika se 250ste verjaardag gevier met ‘n Ultimate Fighting Championship-geleentheid op die Withuis-grasperk. Trump en duisende ander gemengde gevegskuns-aanhangers het gekyk hoe die Amerikaanse vegter Justin Gaethje sy Spaans-Georgiese teenstander Ilia Topuria klop om die liggewigkampioenskap in die hoofgeveg te wen. Die gevegsaand was die […]
# Sokker: Die Bafana Bafana doelwagter, Ricardo Goss, het die hoofafrigter Hugo Broos verdedig te midde van kritiek na ‘n 2-0 nederlaag teen Mexiko. Goss sê dit is onregverdig om Broos so streng te oordeel en wys na die span se vordering onder sy leierskap, insluitend kwalifisering vir die Wêreldbeker en ‘n derde plek by […]
# Business Leadership South Africa sê onlangse ontwikkelings, insluitend ‘n kredietopgradering, verbeterde haweprestasie in Durban, KwaZulu-Natal, en sterker as verwagte bruto binnelandse produkgroei, toon hervormings begin werk. Die organisasie waarsku egter belegging bly te laag teen slegs 13,5-persent van die bruto binnelandse produk, ver onder die 30-persent-teiken wat nodig is om sterker groei te dryf. […]