# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê dit word al moeiliker om vals dokters te identifiseer en pasiënte word in gevaar gestel. Hulle waarsku vals praktisyns gebruik meer gevorderde metodes, insluitend vervalste kwalifikasies, vervalste registrasiedokumente en identiteitsdiefstal, wat sommige toelaat om vir lang tye ongemerk te werk. Volgens onlangse syfers is meer as 50 vals praktisyns […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het ‘n Kontrakteurontwikkelingsprogram van stapel gestuur wat daarop gemik is om siviele ingenieursmaatskappye in swart besit te versterk en deelname aan padinfrastruktuurprojekte uit te brei. Die inisiatief is gerig op Konstruksiebedryfontwikkelingsraad graad vyf tot nege kontrakteurs en sal opleiding, mentorskap, vaardigheidsontwikkeling en finansiële ondersteuning verskaf. SANRAL sê tien-persent van geselekteerde […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, is verwyder as die ANC in Gauteng se sameroeper van die subkomitee vir ingryping in plaaslike regering. Dit volg slegs weke na sy aanstelling. Hy is deur Nathi Congwane vervang. Die party sê die verandering is deel van voortdurende aanpassings aan sy ontplooiingstrukture. Volgens News24 is daar kommer […]
# Sokker: Japannese ondersteuners het die pawiljoene silwerskoon opgeruim na hul Wêreldbeker-openingswedstryd Sondag teen Nederland in Texas sê dit is “Japannese kultuur” om self skoon te maak. Toeskouers het agtergebly na die 2-2 gelykopuitslag om seker te maak hulle los die stadion soos hulle dit gevind het. Die Japannese span neem aan hul agtste agtereenvolgende […]
# Die Presidensie het gewaarsku teen waninligting oor Suid-Afrika se migrasie-uitdagings na aanleiding van onlangse voorvalle waarby buitelandse burgers betrokke is. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sal met die Wêreldgesondheidsorganisasie saamwerk om te verseker dat korrekte inligting gedeel word. Magwenya het bygevoeg berigte wat die […]
# Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, stuur af op ‘n botsing met die Amerikaanse president, Donald Trump, terwyl Amerika hom aan die oorlog probeer onttrek. Die twee leiers het nog nie hul doelwitte bereik nie, terwyl Israel se militêre pogings in Libanon vasgeval het. Reuters berig een senior Israeliese amptenaar het gesê die voorlopige […]
# Die vakbondfederasie Cosatu doen ‘n beroep op die Industriële Ontwikkelingskorporasie om vinnig ‘n plan te beraam om die Mozal-aluminiumaanleg in Mosambiek te herstel en te heropen. Die aanleg is gesluit omdat daar as gevolg van droogteverwante kragtekorte en hoë elektrisiteitskoste, nie genoeg kragvoorsiening is nie. Mozal verskaf ongeveer vyf-duisend direkte werksgeleenthede en tot 25-duisend […]
# Die DA het die vennote in die regering van nasionale eenheid versoek om saam te werk aan gekoördineerde stappe om wetstoepassing te versterk, grensbeheer te verbeter en verdere geweld te voorkom. Glynnis Breytenbach van die party sê die Parlement se veiligheidsgroeperings moet dringend ‘n gesamentlike sitting byeen roep om te reageer op groeiende kommer […]
NuusFlits: Die legendariese Suid-Afrikaanse pianis, komponis en wêreldbekende jazz-ikoon Abdullah Ibrahim is op die ouderdom van 91 oorlede. Hy is ná ‘n kort siekbed omring deur sy familie in Duitsland dood.