# Sokker: Real Madrid se afrigter, José Mourinho, sê die Turkse middelveldspeler Arda Guler is ‘n ongelooflike speler hoewel hy sukkel om gereeld speeltyd te kry. Hy het beïndruk sedert hy by Fenerbahce aangesluit het, maar die medediging is fel. Mourinho sê die 21-jarige beskik oor die talent om ‘n belangrike speler te word, maar […]
# Sokker: Suid-Afrika het vier klubs in die tweede ronde van die Afrika-klubkompetisie ná oorwinnings die afgelope naweek vir Orlando Pirates en Durban City. Die verdedigende Afrika-kampioene, Mamelodi Sundowns, en Kaizer Chiefs het reeds ‘n vrypas tot die tweede ronde gekry. Pirates LP, speel teen Namibië se African Stars, terwyl Sundowns in die Kampioeneliga teen […]
# Rugby: Die Wallabies se afrigter, Les Kiss, sê hulle weet hulle sal moet verbeter voor volgende naweek se toets teen die Springbokke in Perth. Suid-Afrika is propvol selfvertroue nadat hulle die aartsvyand, Nieu-Seeland, 3-1 verslaan het in Rugby’s Greatest Rivalry danksy ‘n oortuigende oorwinning in die laaste toets in Baltimore. Kiss sê die wêreldkampioen […]
# Krieket: Die Protea-vroue kan vandag in Bulawayo die T20-reeks van vyf wedstryde teen Zimbabwe beklink. Suid-Afrika het Vrydag die eerste wedstryd met ses paaltjies gewen nadat Zimbabwe vir slegs 116 lopies uitgeknikker is. Anneke Bosch het daarna die besoekers se aanslag gelei en hulle het die teiken binne 14 boulbeurte bereik. In Sondag se […]
# Hyundai sê hy sal in 2029 voertuie met hul eie gevorderde bestuurdershulp-sagteware bekendstel. Intussen werk die Suid-Koreaanse voertuigvervaardiger en die Amerikaanse tegnologie-onderneming Nvidia saam om van 2028 meer gevorderde bestuurstelsels bekend te stel. Hyundai sê die vennootskap sal hom help om data in te samel en sy eie stelsel, genaamd Atria, te ontwikkel. Die […]
# Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, en die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, het die uitbetaling van meer as 42-miljoen-rand aan vergoeding en voordele aan voormalige mynwerkers en oorlewende begunstigdes verwelkom. Die betalings is gemaak tydens ‘n uitreikprogram van 41 dae wat in Julie begin het. Die woordvoerder van die Departement, […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor maskers wat verval het wat volgens berigte aan personeel by die Bongani TB-hospitaal in Mpumalanga uitgereik word. Die vakbond voer aan dit is ‘n ernstige gesondheids- en veiligheidsbekommernis omdat personeel by die hospitaal aan tuberkulose en ander respiratoriese gevare blootgestel kan word. Phumzile Zulu van die […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die afdanking van die uitvoerende hoof van die Regeringspensioenadministrasie-agentskap, Kedibone Madiehe, ná ‘n dissiplinêre verhoor, verwelkom. Die verhoor het gevolg na ‘n forensiese ondersoek na beweerde onreëlmatighede met verkryging wat verband hou met kantoorruimte, ‘n kontrak vir sekuriteitsdienste en korporatiewe klere vir werknemers. Claude Naiker van die vakbond sê […]
# Die Staat het sy saak voorlopig gesluit in Vusimuzi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigdes se binneverhoor.. Die verrigtinge ondersoek of bewyse wat ná Musa Kekana se inhegtenisneming in April 2024 ingesamel is, in die hoofsaak toegelaat kan word. Advokaat Elize Le Roux sê die Staat het die voorlegging van sy bewyse afgehandel, en verdediging […]