# Adolescence van Netflix het drie van die vier kategorieë waarvoor dit by die tweede jaarlikse Gotham-televisietoekennings in New York benoem is, gewen. Die reeks van vier episodes oor ʼn tienerseun wat van moord beskuldig word, het die deurbraakprys vir ʼn beperkte reeks, hoofrol in ʼn beperkte reeks vir Stephen Graham, en ʼn gedeelde prys vir beste byspeler in ʼn beperkte reeks vir Owen Cooper gewen. Fantasmas‘ se Julio Torres is die beste hoofspeler in ʼn komediereeks. Die beste deurbraak-komediereeks is The Studio, terwyl The Pitt die beste dramareeks is.
Netflix se Adolescence is die groot wenner by die Gotham-televisietoekennings