# Die stroomdiens Netflix het ingegryp en die kinderprogram Sesame Street gered na Warner Bros-Discovery besluit het om nie sy vyfjaar-ooreenkoms vir die program te hernu nie. Netflix het ‘n ooreenkoms met Sesame Workshop aangegaan ingevolge waarvan die stroomdiens die 56ste reeks later vanjaar gaan uitsaai. Die nuwe seisoen spog met ‘n vars formaat en aanhangers se gunsteling segmente soos Elmo’s World en Cookie Monster’s Foodie Truck maak weer hulle verskyning. Sesame Workshop sê hy is opgewonde om kinders oral steeds te help om slimmer en sterker te word en vriendeliker te wees.
Netflix gryp in en red ikoniese Sesame Street