# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het 111 nuwe opwekkingsfasiliteite in die eerste kwartaal van 2025/26 geregistreer om die energiesektor ‘n hupstoot te gee. Dit beloop altesaam een-duisend-916-megawatt met ‘n geraamde belegging van 51,91-miljard-rand. NERSA-woordvoerder Charles Hlebela sê die energiereguleerder het ‘n gemiddelde ommeswaai van elf werksdae behaal, wat ‘n verbetering is op verlede jaar se 15. Sonkragprojekte het nuwe geleenthede oorheers, met Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal wat die meeste projekte het:
NERSA registreer 111 nuwe opwekkingsfasiliteite [KLANK]
ENG-HlabelaOnFacilities