Skip to content

Nersa bevestig 4% verhoging in Sasol Gas se maksimum prys

# Die Energiereguleerder het ‘n vier-persent verhoging in Sasol se maksimum prys van gas vir die 2025/2026 finansiële jaar bevestig. Die aanpassing, wat van volgende maand tot Desember in werking tree, verhoog die maksimum prys van 87-rand-vier-sent tot 90-rand-57-sent per gigajoule, hoofsaaklik as gevolg van die koste van gas van Mosambiek, oliepryse, wisselkoerse, en die VSA-prysindeks. Charles Hlebela van Nersa sê dit beteken nie dat kliënte die volle verhoging sal betaal nie want Sasol Gas behoort die prys laer as die maksimum te hou.