Skip to content

Nelson Mandela Universiteit wen nasionale toekenning vir beste waterbestuur  

# Die Nelson Mandela Universiteit het die toekenning vir beste volhoubare waterbestuur gewen op die Suider-Afrikaanse Hoër Onderwys-geriewe-bestuursvereniging se jaarlikse konferensie en toekenningsgeleenheid. Die universiteit het op nasionale vlak erkenning gekry as top-presteerder vir sy vernuwende en suksesvolle benadering tot volhoubare waterbestuur. NMU sê hierdie gesogte toekenning beklemtoon die instelling se voortgesette toewyding aan voogdyskap oor die omgewing, doeltreffende gebruik van hulpbronne en bevordering van volhoubare gebruike.