# ʼn Vernuwende projek om die jeug se stem in die media te laat groei het aanleiding gegee tot ʼn digitale joernalisme-sentrum by die Nelson Mandela Universiteit. Dit stel studente se skryfwerk bloot aan nasionale media en nuwe aanlyn ondernemings. Khulani! is ʼn webtuiste wat eerstejaarstudente ondersteun wat vir ʼn verpligte module oor media-skryfkuns ingeskryf is, sodat hulle publiseerbare en professionele aanlyn glansartikels kan skryf. Meer as die helfte van die stories wat uitgegee is, is reeds weer gepubliseer deur aanlyn inhoudvennote soos Health for Mzansi, MyZA en GoodThingsGuy.
Nelson Mandela Universiteit bevorder jeug se media-stem