# Die Nelson Mandela Universiteit sê hy beleef ʼn merkwaardige groei in nagraadse aansoeke. Volgens September-data het nagraadse aansoeke tot dusver met 47,8-persent toegeneem van 12-duisend-357 in 2025 tot 18-duisend-268 in 2026. Aanvaarding het in dieselfde tydperk met 42,56-persent toegeneem van 592 tot 844. Studentewerwing se adjunkdirekteur, Jo-Ann Daniels, sê die groeiende belangstelling in nagraadse studies weerspieël die universiteit se indrukwekkende navorsinggeskiedenis en die intellektuele vryheid weens die interdissiplinêre oriëntasie van die instelling se beurse.
Nelson Mandela Universiteit beleef toename in nagraadse aansoeke