Skip to content

Nedbank help met Thoho Ya Nzie-maatskaplike welsynsprojek in Venda

# Nedbank het ‘n helpende hand na die Universiteit van Venda se Thoho Ya Nzie-maatskaplike welsynsprojek uitgesteek met nog ‘n ruim skenking. Die bedrag is nie bekend gemaak nie. Die bank het verlede jaar 6,6-miljoen-rand geskenk om studente se uitdagings die hoof te bied, insluitend voedingsekerheid. Doktor Takalani Dzagi van die universiteit sê die projek is nou beter in staat om sy sending voort te sit deur mense op te hef. Dzaqi sê dit bewys werklike verandering vind plaas wanneer die sakesektor en gemeenskappe saamspan.