# Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie beplan om die land se heel eerste kernreaktorprojek wat in 2010 gestaak is, te laat herleef en Eskom se kuratorskap oor te neem. Volgens News24 wil Necsa die modulêre korrelbedreaktor gebruik om kernbrandstof en kernkrag te vervaardig. Necsa se uitvoerende hoof, Sengiphile Simelane, sê hulle sal die kernbrandstof by die Pelindaba-aanleg in Noordwes vervaardig wat weer in bedryf gestel moet word. Hy sê die aanleg sal ook ‘n bedryfslisensie by die Nasionale Kernreguleerder moet kry.
Necsa wil Suid-Afrika se eerste kernreaktorprojek laat herleef