# Die regering en die Wêreldbank het op ‘n lening van 27-miljard-rand ooreengekom wat sal help om infrastruktuurvertragings uit die weg te ruim, veral in die energie- en vragvervoersektore. Die Nasionale Tesourie sê die lening is bedoel om kritieke strukturele hervormings te ondersteun wat daarop gemik is om die doeltreffendheid, veerkragtigheid en volhoubaarheid van die land se infrastruktuurdienste te verbeter. Die Tesourie sê die lening bied gunstige rentekoerse en ‘n buigsame terugbetalingstermyn, wat bydra tot die vermindering van die koste van skuld.
Nasionale Tesourie sê Wêreldbanklening van R27-miljard sal kritieke strukturele hervormings ondersteun