Skip to content

Nasionale Tesourie se direkteur-generaal sê Suid-Afrika is op koers om sy fiskale teikens te haal

# Die Nasionale Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê Suid-Afrika bly op koers om sy fiskale teikens te haal, ten spyte van ekonomiese onsekerheid weens die konflik in die Midde-Ooste. Die land se skuld-tot-bruto binnelandse produk het in Februarie die eerste keer sedert die tyd voor die wêreldwye finansiële krisis in 2008 gestabiliseer en sal na verwagting teen 2028/2029 tot 76,5-persent afneem. Pieterse sê onlangse beoordelings deur die kredietgraderingsagentskappe, Moody’s en Standard and Poor’s, het vertroue in Suid-Afrika se fiskale trajek versterk. Hy sê die regering kan sy fiskale konsolideringsteikens en verbintenis tot strukturele hervorming haal.