Skip to content

Nasionale Tesourie en Asiatiese bank teken leningsooreenkoms van R8-miljard om volhoubare infrastruktuur te ondersteun

# Suid-Afrika het ‘n leningsooreenkoms van agt-miljard-rand onderteken met die Asiatiese Infrastruktuur-beleggingsbank om klimaatsbestande stedelike dienste te versterk. Die Nasionale Tesourie sê die fonds is geoormerk binne ‘n streng prestasieraamwerk om stedelike stelsels teen klimaat-skokke soos oorstromings of droogtes en basiese dienslewering te verbeter. Die Tesourie sê plaaslike munisipaliteite en metro’s beskik dikwels nie oor die kredietgraderings wat nodig is om groot bedrae buitelandse valuta op hul eie te leen nie. Die regeringsgewaarborgde lening oorbrug hierdie gaping.