Skip to content

Nasionale Landboubemarkingsraad waarsku verhogings in brandstofheffing sal landbousektor benadeel

# Die Nasionale Landboubemarkingsraad waarsku verhogings in die brandstofheffing sal die landbousektor benadeel. Die raad sê 13-persent van die insetkoste is vir brandstof, en die verhoging sal produksie-, vervoer- en voedselpryse raak. Die raad sê ten spyte van ‘n kortingskema op diesel, sal kleinboere en landelike werkers die swaarste kry. Die raad versoek uitgebreide kortings, beter infrastruktuur en alternatiewe energie-beleggings om die bestaande druk te verlig.