# Koek, geskenkies en ’n rustige familieviering is hoe baie bejaardes hul 70ste verjaarsdag voorstel. Maar NASA se oudste aktiewe ruimtevaarder, Don Pettit, het sewentig geword terwyl hy na die Aarde toe tuimel in ’n ruimtevaartuig om ’n sending van sewe maande aan boord van die Internasionale Ruimtestasie af te sluit. ’n Soyuz-kapsule wat die Amerikaanse en twee Russiese ruimtevaarders vervoer het, het vandag in Kasakstan geland, op die dag van Pettit se mylpaal-verjaarsdag. Pettit en sy mede-bemanningslede, Alexei Ovchinin en Ivan Vagner, het gedurende hulle 220 dae in die ruimte, die aarde 3-duisend-520 keer omwentel.
NASA se oudste aktiewe ruimtevaarder vier sy 70ste verjaarsdag nadat hy 220 dae in ruimte deurgebring het