Skip to content

Namibië teken handelsoorskot in Junie aan [KLANK]

# Die statistieke-agentskap in Namibië sê die land het in Junie ‘n handelsoorskot van 856-miljoen-rand aangeteken. Die uitvoere was hoofsaaklik minerale, insluitend uraan, goud wat nie as reserwebate gehou word nie, diamante, koper en vis as die enigste produk wat nie ‘n mineraal is nie, in die top vyf. China is die voorste uitvoerbestemming, terwyl Suid-Afrika die hoofbron van invoere bly. Die woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê heruitvoere het met vyf-persent maand-tot-maand en byna agt-persent op ‘n jaargrondslag gedaal:

ENG-ShihepoOnNamibia