Skip to content

‘n Nuwe film ondersoek die poëtiese aard van die verband tussen die spirituele en die fisieke

# Die première van Ubizo, ‘n rolprent deur ‘n mediese student aan die Universiteit van Kaapstad, Nandipha Zinhle Mthethwa, vind Sondag in Ster-Kinekor op die Victoria & Alfred-waterkant in Kaapstad plaas. Die fliek is deur persoonlike ervarings van verlies en voorvaderlike wysheid geïnspireer en Mthethwa het beweging, musiek en eksperimentele visuele elemente gekombineer as brug tussen Westerse medisyne en spirituele leiding. Mthethwa sê die prent se artistieke visie is ‘n verkenning van hartseer en pyn deur die poëtiese aard van die band tussen die spirituele en die fisieke.