# Amazon MGM Studios werk aan ‘n biografiese rolprent oor die lewe van die 15-malige Major-gholfkampioen, Tiger Woods. Dit is ‘n aanpassing van Kevin Cook se biografie, The Tiger Slam. Die prent fokus op Woods se grootste prestasie toe hy in 2000 die Amerikaanse en Britse Ope en die PGA kampioenskap gewen het asook die 2001 Meesters om vier major trofees in te palm. Higher Ground Productions, wat deur die voormalige Amerikaanse president Barack Obama en sy vrou, Michelle, gestig is, is besig om te onderhandel oor die vervaardiging van die rolprent saam met Winkler Films.
‘n Biografiese rolprent oor Tiger Woods word beplan