# Die mynwerkersvakbond AMCU veroordeel Sibanye-Stillwater ten sterkste nadat 260 werkers ondergronds vasgekeer was in sy Kloof-myn in Gauteng. Die maatskappy het intussen bevestig alle mynwerkers is gered en geen beserings is aangemeld nie. AMCU se president, Joseph Mathunjwa, eis elke operasionele mynskag moet volgens wet ‘n ontsnappingsroete hê. Die vakbond vra dat Sibanye-Stillwater aanspreeklik gehou moet word en sê die voorval ontbloot ernstige veiligheids-gebreke. Hy bepleit ‘n onmiddellike ondersoek en beklemtoon werkers se lewens kan nie in gevaar gestel word nie.
Mynwerkersvakbond eis aanspreeklikheid van Sibanye-Stillwater na vasgekeerde mynwerkers gered is